Geloof
Die Woord van God is die fondament van ons gemeente.
Welkom by ons geloofsfamilie in Ballito
Nederduitsch Hervormde Kerk Dolfynkus (Ballito) is ’n Afrikaanse gemeente in Ballito waar ons saam groei, saam dien en saam ’n geestelike tuiste vir die volgende geslag bou.
Geleentheid · 5 Desember 2026
Help ons om hierdie Kersfees vir 36 kinders in ons kinderhuise ’n spesiale verrassing te gee! Met ons Santa Skoenbokse-projek wil ons vir elke kind ’n R150 Pick ’n Pay-geskenkbewys en koekies gee. Elke bydrae, groot of klein, bring ons nader daaraan om al 36 kinders te bederf. Dankie dat jy help om Kersvreugde te versprei! 🎄🎁
Daaglikse Woord
“Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”
1 Oktober 2026 · 1 Tessalonisense 5:16–18
Ons gemeente
Ons kultuur is warm, inklusief en vol energie. Ons hou van lag, saam kuier en saam stap in geloof — met ruimte vir elkeen wat ’n geestelike tuiste soek.
Die Woord van God is die fondament van ons gemeente.
Ons is ’n familie waar almal welkom is, ongeag agtergrond.
Ons strek ons hande uit na Ballito en die breër gemeenskap.
Ons bou ’n geestelike tuiste vir ons kinders en kleinkinders.
Ons predikant
Ds Denise Schmidt is op 8 Februarie 2026 as predikant van Nederduitsch Hervormde Kerk Dolfynkus (Ballito) bevestig. Sy dien as leraar van die gemeente en deel in Dolfynkus se nuwe hoofstuk in Ballito.
Lees meer oor ons gemeente se nuwe hoofstukSaam leef ons in geloof
99 jaar 1927–2026
Ons droom is om ’n kerkgebou te vestig wat vir geslagte ’n huis van aanbidding en gemeenskap sal wees.
Elke gebed, projek en fondsinsameling bring ons nader aan dié visie.
Foto’s en oomblikke
Ons plaas foto’s van eredienste, gemeenskapsprojekte en spesiale geleenthede op ons Facebook-blad.
Bekyk die foto’s in ’n nuwe oortjie
Maklike betalings
Gebruik die amptelike Zapper-kode van Nederduitsch Hervormde Kerk Dolfynkus om ’n betaling te maak.
Zapper hanteer en bevestig die betaling binne sy eie toepassing.
Kontak ons
Stuur ’n vraag, deel ’n gebedsversoek of laat weet as jy meer oor die gemeente wil weet.
ErediensElke Sondag om 08:30
PlekLa Montagne Hotel, Pumpkin Teater, Ballito

Deel ons webwerfSkandeer die kode om nhkdolfynkus.co.za op ’n selfoon oop te maak.