Ons dra mekaar in gebed

Gebedsversoeke

Deel wat op jou hart is, of bid saam vir iemand anders. Ons stap saam in geloof en hoop.

Deel 'n gebedsversoek

Jou versoek verskyn hier nadat 'n administrateur dit goedgekeur het. Die versoek, datum en jou naam sal openbaar wees, tensy jy Anoniem kies.

Kies Anoniem om sonder 'n naam te deel. Jou naam word dan nie gestoor nie.

Bid saam met ons

11 gebedsversoeke

Veiligheid vir vroue en kinders

Bid dat vroue en kinders met geweld leef, ’n veilige plek en mense sal vind wat hulle glo en help. Die land se 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders begin môre.

Sarie

Bid asb. vir my ma Sarie van 94. Laat dit die Here se wil wees dat sy saggies heen gaan en nie lei nie.

Anoniem

Bid vir die matrikulante wat nie verder gaan studeer nie vir werksgeleenthede

Anoniem

☀️ Vir dié wat moedeloos is: dat hulle God se nabyheid sal beleef en hoop sal vind om verder te gaan. ☀️ Vir mense voor moeilike besluite: dat die Here wysheid en leiding sal gee vir die volgende tree. ☀️ Vir siekes, bedroefdes en eensames: dat hulle vertroosting, versorging en ondersteuning sal ontvang.

Plaasaanval Broederstroom

Bid vir die bejaarde egpaar van Broederstroom wat Sondag op hulle plaas aangeval is, ernstig aangerand is en met kookwater verbrand is.

Reẽn vir Noord Transvaal

Ons bid vir reẽn in die Noord Transvaal. Die bosveld se temperature is geweldig hoog en die veld is droog. Mag God die hemelse vensters oopmaak en die aarde seẽn.

Boer Donovan Marx

Ons bid vir Donovan wat wreed aangeval is op hulle plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Ons bid ook dat plaasaanvalle en -moorde geprioritiseer word deur die leiers van ons land.

Sandy

Please pray for my mother-in-law for her health

Anoniem

Ons bid vir ‘n uitdagende tyd van die jaar: “Afgemat seisoen” Bid dat gesinne sal op let na persoonlike spanning en erge druk. Bid vir elke kind en jongmens.

Suid Afrika

Bid asb vir die komende verkiesing. Vir orde, veiligheid en eerlikheid. Suid Afrika draai terug na God!

Anoniem

Vir ons familie