Pinkster en Koninkrykstyd
Gelowiges mag nie oor onreg swyg nie
Inleiding tot die preek
Kyk die inleiding op Facebook ↗Preekteks
Matteus 25:1-13
Tema: Gelowiges mag nie oor onreg swyg nie
10 Terwyl hulle die olie gaan koop het, het die bruidegom opgedaag, en dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilofsfees, en die deur is gesluit.
11 Later kom die ander jongmeisies toe ook daar aan en roep, ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’
12 Maar hy antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Ek ken julle beslis nie.’
13 Wees dan waaksaam, omdat julle die dag en die uur nie ken nie.”
Notas
Die Gelykenis in Matteus 25:1-13 handel oor voorbereiding en gereedheid vir die koms van Jesus Christus ons Here in die wêreld.
In ons teks gebruik Jesus die rituele rondom die destyds Joodse huweliksluiting en bruilofsfees om ons lewe in die koninkryk van God te verduidelik.
En so aan sy dissipels en die kerk waaksaamheid en dringendheid te verduidelik.
'n Bruilofsfees se optog was vanaf die bruid se huis na die bruidegom se huis.
Mense het op weg gedans en gesing, met die jong meisies wat langs die pad die lig verskaf vir die nodige atmosfeer.
Die werk van die ligdraer was 'n eervolle posisie van deelname in die vreugde van die bruid.
Die feit dat die bruidegom laat was, sou ook nie vreemd wees vir die eerste hoorders nie, want daar sou onderhandelinge plaasvind by die bruid se huis in verband met die bruidskat.
Wanneer die optog dan uiteindelik plaasvind, is die verstandige meisies nie bereid om hul olie te deel nie, wat verkeerdelik geïnterpreteer kan word as selfsug.
Die punt is tog duidelik: Indien hulle hul olie sou deel, sou niemand genoeg olie hê om atmosfeer vir die optog te verskaf nie en sou dit die optog totaal en al bederf.
Terwyl Jesus se koms talm, word Christene geroep om waaksaam te wees en die uitdagings te verduur om getrou te bly, en te lewe aan die komende Bruidegom
Gelowiges moet getrou en waardig as kinders van God lewe, terwyl hulle wag dat Jesus kom.
Boodskap
Die skriflesing was gerig aan die dissipels in Jesus se tyd en die KERK van die Here Jesus vandag.
Daar ’n dringendheid te bespeur.
‘n Ernstigheid rondom tyd en geleenthede.
En hoe tyd uitgekoop en gerespekteer moet word.
Die koninkryk van die hemel word nie vergelyk met die meisies nie, maar met dit wat met hulle gebeur.
Wanneer die Seun van die Mens weer kom, sal sommige gereed wees en ander nie.
Jesus sluit die gelykenis af met die opdrag: “Wees dan waaksaam, omdat julle die dag en die uur nie ken nie”.
Gelowiges wat waaksaam bly wag met olie in hulle lampe en sal nie oorval word deur die onverwagsheid van die dood of die wederkoms nie.
Gelowigese bely: “Christus het die dood oorwin, die dood het nie meer ‘n angel of verskrikking nie.”
Met my dood en opstanding ontmoet ek my Here en Koning.
Vraag
Die teksgedeelte daag die leser uit om kritiese na te dink oor ‘n aantal vrae:
- Hoe is Christen-gelowiges veronderstel om te leef in die tussentyd voor die eindtyd wanneer Jesus weer kom?
- Is ek gereed om Christus te ontmoet met my afsterwe en opstanding?
Terwyl Jesus se koms talm, word Christene geroep om waaksaam te wees, voluit te leef en getrou aan Christus te bly ten soyte van al die uitdagings wat daagliks deel van die lewe is.
- Hoe leef mens dan in die koninkryk van God, hier en nou?
Die gelykenis leer hoe om die lewe as volgelinge van Jesus te organiseer nl;
- Vreugdevol met opgewonde afwagting,
- Nie onvoorbereid nie en
- Nie angsbevange nie.
Die wyse waarop elke gelowige leef, nl opgewonde en nuuskierig oor Christus se koms, getuig van paraatheid.
- Hoe moedig ons mekaar aan?
Leef ek aansteeklik teenoor elke persoon wat my pad kruis?
Gebed
Dankie dat U ons ontmoet waar ons leef.
Dat U na ons kom deur die soenverdienste van U Seun.
Dat U in ons woon, deur U Krag, Gees van God.
Here, ons gee vandag alles vir U.
Here, U weet die detail van alles.
Hier is ons Here, ons wy onsself aan U.
Here, ons bid vir lewe wat U sal vereer en getuig dat ons op U wag.
Here, ons buig saam voor U.
Here, ons sing voluit maak ons harte deur u Gees vir die heilige woord ontvanklik.
Laat ons daagliks onbevrees op u heil bou, diep afhanklik.
Heer, laat ons geloofsvertroue eenmaal oorgaan in aanskoue.
Amen