← Alle preke

Algemene temas

Laat ons dien soos Christus ons leer

Predikant / spreker: Preek notas

Inleiding tot die preek

Kyk die inleiding op Facebook ↗

Preekteks

Markus 10:43 – 44  Afrikaans 1983 vertaling

Tema: Laat ons dien soos Christus ons leer

35 Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, kom toe na Jesus toe en sê vir Hom: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.”
36 “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” het Hy hulle gevra.
37 Hulle het Hom geantwoord: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.”
38 “Julle weet nie wat julle vra nie,” sê Jesus vir hulle. “Kan julle die lydensbeker drink wat Ek drink, of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?”

Notas

Diensbaarheid lê in die hart van die Christelike geloof en ‘n kragtige manier om die liefde van Christus aan die wêreld te wees. Deur Jesus se voorbeeld na te volg en diensbaarheid in ons alledaagse lewe toe te pas, kan ons ‘n enorme verskil maak in die plekke waar ons leef en daagliks funksioneer

Deur te dien leef ons die evangelie.

Jesus  leer sy dissipels  ‘n les dat ware grootheid in die Koninkryk van God nie deur mag, posisie of heerskappy gemeet word nie, maar deur diensbaarheid. Om minder te wees, om te gee as om te ontvang.

"Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.

Jakobus en Johannes vra vir die grootbeste posisies in Jesus se koninkryk. Jesus toets hulle versoek en vra of hulle werklik bereid is om sy lyding te deel en erken hulle bereidwilligheid, maar verduidelik dat gesag in die koninkryk deur God toegeken word.

Wanneer die ander dissipels verontwaardig raak, leer Jesus dat grootheid in sy koninkryk nie oor mag of status gaan nie, maar diensbaarheid. Hy verklaar dat Hy self gekom het om te dien en sy lewe as volmaakte losprys te gee.

Diensbaarheid beteken om ander te dien sonder om iets terug te verwag.

Dit behels opoffering, nederigheid en die bereidwilligheid om ander se belange bo jou eie te stel. In ‘n breë sin, is diensbaarheid ‘n belangrike deug wat harmonie en samewerking in enige gemeenskap bevorder.

Diensbaarheid bring heling waar hoogmoeg en eie belang baie skade en pyn veroorsaak.

Vir Christene is diensbaarheid nie net ‘n eteise verantwoordelikheid nie, maar ‘n Goddelike roeping. Jesus Christus, as die volmaakte voorbeeld van diensbaarheid, het sy dissipels geleer dat die grootste onder hulle die dienaar van almal moet wees. Om bereid te wees om voete te was.

Diensbaarheid is dus ‘n manier om God se liefde te wees.

 Boodskap en betekenis

Diensbaarheid en selfopoffering is kernwaardes van dissipelskap. Jesus se voorbeeld van onbaatsugtige liefde roep gelowiges op om ander eerste te stel en hul lewe in diens van God en naaste te gee.

Diensbaarheid beteken om ander onselfsugtig te dien sonder om iets terug te verwag. Dit behels nederigheid, opoffering en die bereidwilligheid om ander se belange bo jou eie te stel.

Wat behels diensbaarheid?

  • Onselfsugtigheid: Jy help of ondersteun ander uit liefde en om hul welstand te bevorder, nie vir eie bate nie.
  • Nederigheid: Dit is nie 'n teken van swakheid nie, maar van sterk karakter en geestelike groei.
  • Harmonie: Dit bou sterk verhoudings en gesonde gemeenskappe.

Niemand hou van sy selfverwaande-, arrogante- of hoogmoedig houding nie.

Verwaandheid is ʼn gevaarlike plek. Dit is reeds die eerste tree van agteruitgang.

Veral van iemand wat 'n oordrewe hoë indruk van hulleself, hul vermoëns, of hul eie belangrikheid het.

 Gebed

Laat, Heer, u vrede deur my vloei…

waar haat is, laat ek daar u liefde bring.

Laat ek in pyn en smart vertroostend wees

en krag gee deur geloof in U, o Heer.

O Heer, help my om altyd so te leef – om ander hoër as myself te ag,

ja, om lief te hê – ander bo myself – en ook eerder te gee as te verwag.

Laat, Heer u vrede deur my vloei…

en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.

Ek wil u lig in duisternis laat skyn.

Laat ware vreugde altyd uit my straal.

O Heer, help my om altyd so te leef – om ander hoër as myself te ag,

ja, om lief te hê – ander bo myself – en ook eerder te gee as te verwag.

Laat, Heer, u vrede deur my vloei…

leer my om ook soos U te kan vergeef.

Maak my bereid om aan myself te sterf,

dat ander U al meer in my kan sien.”

Amen