Hervormingsondag
God se Woord is die enigste waarheid
Inleiding tot die preek
Kyk die inleiding op Facebook ↗Preekteks
Nehemia 8:13 -19 Afrikaans 2020 vertaling
Tema: Hervormingsondag,
God se Woord is die enigste waarheid
Agtergrond
Paulus skryf hierdie brief ±65 n.C. aan Timoteus.
Timoteus was ’n jong man wat as gevolg van Paulus se werk tot geloof gekom het. Paulus het hom in Efese agtergelaat om leiding in die gemeente te gee. Paulus waarsku teen valse leerstellings en doen ’n beroep dat Timoteus standvastig moet bly. Wanneer Paulus aan Timoteus skryf is die brief doelgerig.
Paulus se brief aan Timoteus is ‘n woord van raadgewing:
- Die kerk moet sy identiteit in Christus bewaar.
- Die evangelie moet suiwer voortgedra word.
- Die kudde moet bewaar en versorg word.
- Die gesonde leer moet geleer word.
- Riglyne word vir leiers en ampsdraers in die gemeente uitgespel.
- Die gelowiges moet besef dat die dwaallering leeg en sonder inhoud is.
- Die ware evangelie is aan Paulus toevertrou t.s.v. geweld, lastering en vervolging
Daarom is Paulus dankbaar vir genade, lankmoedigheid en barmhartigheid
Skriflesing
1 Timoteus 1:12-17
12 Ek dank Hom wat my versterk het, Christus Jesus, ons Here, omdat Hy my betroubaar geag het toe Hy my in sy diens aangestel het
13 vir my wat voorheen 'n lasteraar, 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Nogtans is ek begenadig, omdat ek uit ongeloof onkundig opgetree het.
14 Ons Here se genade oor my was oorvloedig, en daarmee saam ook nog die geloof en liefde wat daar in Christus Jesus is.
15 Dié uitspraak is betroubaar, en werd om ten volle aanvaar te word, dat Christus Jesus na die wêreld gekom het om sondaars te verlos, van wie ek die heel grootste is.
16 Ek is juis om hierdie rede begenadig, sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy geduld kon betoon, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sou glo met die oog op die ewige lewe.
17 Aan die Koning van die eeue, die onsterflike, onsienlike, enigste God kom toe eer en heerlikheid vir ewig en ewig. Amen
Ons bely vandag saam met alle Christen gelowiges.
Vraag
Hoe ernstig is ons oor ons geloof in Goden Sy volmaakte verlossing en tweede kanse?
Boodskap
Sola gratia – Genade alleen
Ons word deur God se genade gered, nie deur ons eie verdienste nie.
Sola fide – Geloof alleen
Ons word deur geloof, en nie deur ons eie prestasies nie, voor God geregverdig.
Solus Christus – Christus alleen
Jesus Christus is die grond van ons verlossing.
Sola Scriptura – Die Skrif alleen
Die Bybel bly die hoogste norm vir ons geloof en lewe.
Soli Deo gloria – Aan God alleen die eer:
Ons lewe en geloof is uiteindelik gerig op die eer van God.
Vanuit Paulus se persoonlike Godservaring op die Damaskuspad kan hy met alle oortuiging verklaar dat die genade, geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus, betroubaar geag en aanvaar word.
Paulus is bly ‘n uitsonderlike voorbeeld van hoe ruimhartig, genadig en lankmoedig, God is, omdat Hy hom aanvaar het ten spyte van sy vervolging, lastering en geweld van Jesus in die tyd van sy ongeloof en onkunde.
Paulus dien as ‘n voorbeeld vir jong Timoteus en getuig hoe God se genade werk.
Hoe Timoteus die goeie stryd moet stry, aan die geloof moet vashou en ‘n goeie gewete moet behou.
Voorheen was Paulus feilbaar, ongelowig, vernietigend en sonder geloof in Christus.
Nou is hy ‘n rentmeester van God se huishouding.
God wys aan Paulus dat genade meer is as sonde
Genade seëvier oor sonde.
Genade is ryker as sonde.
God se genade deur Christus Jesus staan teenoor die dwaalleringe en valse predikers.
Die valse leraars se beheptheid met mitiese verdigsels, eindelose geslagsregisters en ‘n fokus op die wet, is leeg en nutteloos.
Dit beskik oor geen veranderende of vernuwende vermoëns nie,
Daar bestaan nie genade geleenthede of tweede kanse kan nie.
Dit feilbaar en sonder enige lankmoedigheid.
Paulus roep Timoteus op om die goeie stryd van die geloof te stry. Net so roep die teks ons vandag op om te leef en te getuig van die enigste evangelie wat gebou is op God se genade, liefde, geloof en nog ‘n kans.
Christus het na sy wêreld toe gekom.
Hy het gekom om in die sondige wêreld sy koninkryk te laat kom.
Hy het gekom na die skepping van God.
Hy het gekom na elkeen se huise.
As gelowiges bely ons saam
Genade alleen.
Geloof alleen.
Christus alleen.
Die Skrif alleen.
Aan God aleen alle eer.
Hierdie is nie net woorde nie
Dis ‘n geloofsuitspraak waarop elkeen se lewe gebou is.
Wat getuig van God Almagtige se Volmaakte verlossing.