← Alle preke

Pinkster en Koninkrykstyd

“Jesus is ons Hoërpriester, die Lewende Woord”

Predikant / spreker: Ds Denise Schmidt

Inleiding tot die preek

Kyk die inleiding op Facebook ↗

Preekteks

Hebreërs 4:12-16

Tema: Ons bely “Jesus is ons Hoërpriester, die Lewende Woord.

Agtergrond

Elke Sondag bely ons saam met kerke oor die wêreld heen ons geloof.

Die geloofsbelydenis moet neerslag vind in elke gelowiges se sit en staan,

Hoe vergelyk elkeen se funksionering- elke dag se bestaan met jou geloofsbelydenis?

Jou lewenstyl is veronderstel om ‘n antwoord op jou geloofsbelydenis wees.

Skriflesing

Jesus die groot Hoëpriester
14 Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis. 
15 Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het.  
16 Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.

Vraag

In die Bybel Matteus 16:15-16 vra die Here Jesus hierdie vraag self aan sy dissipels: “Maar julle, wie, sê julle, is Ek?” 

Die antwoord wat Simon Petrus gegee het, is die kern van die Christelike geloof:  

Hy bely blatant “U is die Christus, die Seun van die lewende God”

Ons bely saam: “Die Here is my Herder”

Dis een ding om Jesus in kategese en belydenisskrifte te leer ken.  

Maar dis nie voldoende nie, ‘n persoonlike belydenis moet ooreenstem met geloofswoorde.

Dit is om te sê:  wie sê die mense is Jesus.  

Dit moet ook ‘n persoonlike belydenis raak.  

In ons lewe, op die paaie waarop God met ons reis, leer ons vir Jesus ken.  

En raak ons belydenisse oor Jesus persoonlik, werklik en wird so ‘n belydenis ‘n getuienis.

Dit word gebore uit verhouding, uit kennis wat ons uit ervaring opdoen.

Uit die hoop en werklikheid van Christus in my lewe.

Dit word gebore uit my lewe met Christus.

As gelowiges bely ons vanoggend

Jesus is ons groot Hoëpriester.

Die voorreg is om voortdurend met vrymoedigheid na God se genadetroon gaan as vrye burgers, skoon en welkom by die Here

Die Here het tyd vir my, die Here nooi my in.

Gelowiges kan met vrymoedigheid na die genadetroon van God gaan om nou hier in die nuwe bedeling redding vir hulle sondes te vind. Jesus tree nie net een keer per jaar in vir sy mense soos die Aäronitiese hoëpriester nie, maar elke oomblik van elke dag vir ewig en altyd.  

  • Hy is "die bron van ewige verlossing" wat te alle tye ontferming en genade kan gee sodat sy mense op die regte tyd gehelp kan word.  
  • Jesus is heeltyd, orals die groot Hoërpriester.
  • Jesus het die volkome offer te bring om as Hoëpriester op te tree.

Ons groot Hoëpriester wat dit alles self reeds beleef het en nou leef om vir ons in te tree, sodat ons nie afvallig sal raak nie. 

Om aan ons belydenis vas te hou 

Bly staande!

Moenie ons hoop en vrymoedigheid verloor nie.

Christus as voorbeeld en Christus as bewerker van ons saligheid.

Appél

Skryf vandag jou eietydse geloofsbelydenis

Jesus is die HERE

Hy is Christus

Die Seun van God

Ek bely

Ek het n GROOT Hoérpriester

Jesus is my hoop as veilige en onbeweeglike lewensanker

Ons het deur die bloed van Christus ‘n brug na God

Hy begryp my en my nood volkome

God is altyd betyds is in my lewe.

Amen