← Alle preke

Pinkster en Koninkrykstyd

Gelowiges mag nie oor onreg swyg nie.

Predikant / spreker: Ds Denise Schmidt

Opname

Kyk die opname op Facebook ↗

Preekteks

Miga 3:5-12

Tema: Gelowiges mag nie oor onreg swyg nie.  

8 Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg
en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
9 Luister hierna, leiers van Jakob, regeerders van Israel, julle wat die regspraak
minag en alles verdraai,
10 julle wat vir Sion met moord gebou het en Jerusalem met onreg:
11Jou leiers lewer uitspraak vir omkoopgeld, jou priesters gee onderrig teen salaris,
jou profete maak voorspellings teen betaling, en tog verwag hulle hulp van die Here!
Hulle sê: “Die Here is by ons, onheil sal ons nie tref nie.”

Notas 

Miga tree op in 'n tyd van korrupsie waar leiers, priesters en profete hul eie sakke vul, maar terselfdertyd vroom verklaar: "Is die Here nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons tref nie!" Die religieuse en politieke leiers van Jerusalem leef in 'n vals gerustheid. Hulle misbruik hul mag, oordeel vir omkoopgeskenke, onderrig teen betaling, en profeteer vir geld.

Miga spreek die leiers spesifiek aan in die eerste gedeelte oor die onreg wat hulle in die regspraak toelaat. Die impak van die geweld wat die gemeenskap aangedoen word, kan nie onderskat word nie.

Dieselfde geld vir die profete wat nie omgee wat hulle aan die volk nie verkondig nie, solank hulle maar net betaal word, en kan eet. Hulle is BROOD - PROFETE in plaas van WOORD- PROFETE

Daarteenoor staan die krag van die Gees van die Here wat in Miga werksaam is, en die sin vir reg sowel as die moed om dit bekend te maak aan die volk.

Boodskap en betekenis 

Gelowiges mag nie oor onreg swyg nie.Dalk word daar geredeneer dat die pad van die minste weerstand veiliger is en eerder my opinie vir myself te hou, as om onreg uit te wys, want ‘n Fluitjieblaser of klikbek soek net vir moeilikheid.Is die bedrog, korrupsie, ’n misdaad of ’n wandaad wat aan die kaak gestel word, my spanning en gesondheid werd?

Miga spoel sy mond uit. Hy blaas sy fluitjie teenoor die leiers, insluitend die priesters wat hier verkwalik word omdat hulle die regspraak verdraai en dít vir gierigheid en vraatsugheid. Hulle draai selfs hulle koppe weg vir moord in hulle onblusbare begeerte na nog en meer geld. Hulle ry die soustrein en aanvaar omkoopgeld, en gee onderrig en voorspellings teen betaling. Die volk se profete het die waarheid verloor. Daarmee kon God Homself nie assosieer nie. Die volk kry wat hulle toekom, nl. ballingskap. Om voort te gaan met ‘n lewenstyl van geen respek vir God of Sy waarheid nie, is gevaarlik. In die tyd wat Miga as profeet opgetree het was hy deel van 'n samelewing wat lyk of dit floreer, maar gebou is op bloed, onreg en gierigheid sowel as korrupte leierskap. Waar mens hulleself gebluf het om te dink dit sal God behaag en van mening was hulle dien God goed genoeg.

  • God BLY EN IS ALTYD onsigbaar in beheer van die wel en weë van Sy

mense waar hulle hul ook al mag bevind.

  • Die feit dat God se HANDEL EN MAGTIGE TEENWOORDIGHEID onsigbaar is, maak dit nie onwerklik nie.
  • So is God ook kragtig en beskermende besig in sy gelowiges se lewens.
  • Dit moet nie ONDERSKAT of MIS KYK

Vraag

Wat is die wrede onregverdigheid waarmee die lewe jou al gekonfronteer het?

Moontlik het jy ‘n getuienis om te deel

Dalk is jy tans besig om die pad te stap.

Ons is deur ons geloof in die Here Jesus Christus aan God die Vader verbind. Dit beteken God stap hierdie pad saam. God is nie blind of doof vir die onregverdighede nie, God is keur dit ook nie goed nie. Daarom moet ons gehoorsaam wees aan die werking van die Heilige Gees op God se pad. Wanneer God ons gebede verhoor vanuit sy volmaakte wysheid -moet ons gehoorsaam volg, al isdie gebedsverhoring nie die uitkoms waarvoor ons gevra het nie. Wanneer God deur sy Heilige Gees vir ons ‘n Woord van wysheid of insig gee, moet ons dit leef en verkondig. Nie sku wees om standpunt in te neem nie. Wanneer God ons voorberei om onreg aan te spreek of selfs te verander moet ons gelowig beskikbaar wees.

Gebed 

Dankie Almagtige Here, U is God wat ons roep. U is God wat ons die krag gee. Gebruik asseblief U Heilige Gees om ons sensitief te maak vir onreg en ons U krag te gee om onreg aan te spreek. Here, gee dat ons altyd in U LIG sal leef.

Amen